Medewerkers

Skryfnet span saam met van die mees talentvolle en suksesvolle mense in die bedryf om opwindende
kursusse van die hoogste gehalte te ontwikkel en aan te bied. Ons medewerkers help met die ontwikkeling en
aanbieding van aanlyn kursusse en kontakwerkswinkels.

Madri Victor

Madri Victor is ʼn besturende redakteur by Penguin Random House waar sy verantwoordelik is vir Lapa se fiksie. Madri was voorheen as redakteur verantwoordelik vir die liefdesverhale wat by NB-Uitgewers verskyn het en sy het die eerste chick-lit in Afrikaans gepubliseer. Sy bied ook skryfwerkswinkels aan, doen vryskutmanuskripontwikkeling en mentor jong skrywers…

Lees meer

Prof. Hans du Plessis

Die geliefde en bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugroman en vier romans – die lig laat sien. Sy jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, het in 2020 by Lapa-uitgewery verskyn. Du Plessis het al verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns…

Lees meer

Charlene Hougaard 

Charlene Hougaard matrikuleer in 1984 aan die destydse Hoërskool Ontdekkers in Roodepoort met ʼn onderskeiding in Afrikaans. Sy verwerf ʼn BA Tale met Afrikaans-Nederlands, Noord-Sotho en Zoeloe as hoofvakke aan RAU (nou UJ)…

Lees meer

Nanette van Rooyen

Nanette van Rooyen, gebore in Sutherland in die Karoo, publiseer al kinderboeke vanaf 1994. Sy het haar debuut in die kindermark gemaak met Onkel en Pops en het sedertdien al agtien kinderboeke geskryf. Dié begaafde skrywer het ook in 2001 ’n kortverhaalbundel, Om te vlerk, gepubliseer. In 1999 word sy as wenner aangewys van die Human & Rousseau/De Kat “Vonkfiksie”-wedstryd. Haar roman Chinchilla, …

Lees meer

Carina Diedericks-Hugo

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U. en …

Lees meer

Dr. Thalyta Swanepoel 

Dr. Thalyta Swanepoel het vir bykans 20 jaar as ’n joernalis, teksredakteur, advertensieverteenwoordiger en openbare skakelpraktisyn by onder meer die tydskrif Sarie en die dagblad Beeld gewerk voordat sy in 2003 by die Noordwes-Universiteit (NWU) aangesluit het as dosent by die Skool vir Kommunikasiestudies…

 

Lees meer

Christien Neser

Christien Neser is ’n spraakterapeut van Sandton wat eers laat in haar lewe begin skryf het. Sedert sy ’n skryfkursus van die ATKV in 2007 bygewoon het, het tientalle jeugboeke, ’n niefiksie boek en etlike kortverhale in Huisgenoot en Rapport reeds uit haar pen verskyn, onder meer HELP! My kind is anders, Pienk is nie vir sissies nie en Absoluut Einstein. Haar boeke word deur LAPA, Tafelberg en Best Books uitgegee. Christien is ook ’n ywerige leser, leer steeds Duits, Frans en Portugees…

Lees meer

Elzebet Stubbe

Elzebet Stubbe is ʼn senior redakteur by Penguin Random House en is spesifiek verantwoordelik vir die Afrikaanse titels wat by Penguin en Umuzi verskyn. Sy het voorheen in die bemarking- en publisiteitsafdelings van LAPA en NB-Uitgewers gewerk. Elzebet het ’n honneursgraad in Kreatiewe Skryfkuns en ’n meestersgraad in Afrikaanse prosa by die Noordwes-Universiteit behaal. Sy het al met onder andere Marita van der Vyfer, Karin Brynard, Bettina Wyngaard en Leon van Nierop gewerk. Sy en haar gesin woon in Kaapstad…

Lees meer

Erica Dannhauser 

Erica Dannhauser glo dat as jy kan praat, jy die vermoë het om te beïnvloed en lewens te verander. Sy leef deur te praat! Hierdie begaafde onderwyser spog met ’n BCom-graad in joernalistiek, ’n honneursgraad in psigologie en ’n onderwyskwalifikasie (NGOS) van Noordwes-Universiteit se…

Lees meer

Corlia Fourie 

Corlia Fourie het as joernalis gewerk voordat sy fiksie begin skryf het. Van haar bekendste werk is die drama Moeders en Dogters wat onder meer deur KRUIK opgevoer is en voorverlede jaar ook deur die dramadepartement van die Universiteit van Kaapstad…

 

Lees meer

François Bloemhof

François Bloemhof het al “iewers oor die honderd” boeke vir volwasse, tiener- en jeuglesers gepubliseer. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Van sy ander pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self hul wenboeke aanwys. Daarbenewens het hy al tekste vir die verhoog, radio en rolprentwese geskryf. Onder sy baanbrekerswerk internasionaal tel die eerste boek met ’n oorspronklike (selfgekomponeerde)…

Lees meer

Landi Slatter

Landi Slatter is ’n dosent in Joernalistiek by Akademia en het ’n BA-graad in Kommunikasiestudies aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus verwerf, asook haar BA Honneurs (met spesialisering in Joernalistiek) en meestersgraad (in kommunikasiestudies met spesialisering in Joernalistiek) cum laude aan dieselfde universiteit…

Lees meer

Elaine Krige

Elaine Krige het haar graad in joernalistiek aan die Universiteit van Pretoria verwerf en haar loopbaan by Beeld in Pretoria begin. Later het sy vir The Citizen en Rapport gewerk, voordat sy as woordvoerder van Solidariteit se Skoleondersteuning aangestel is…

Lees meer

Deon Meiring

Deon Meiring het op laerskool sy eerste liedjies begin skryf. Hy’t gedink dit gaan help met sy sukkelende romantiese loopbaan. Dit het nie, maar hy’t nogtans aanhou skryf. Vandag is hy getroud en sy liedjies speel regoor Suid-Afrika

Lees meer

Daniel Hugo

Die digter, vertaler en bloemleser Daniel Hugo is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy het op Greyton en in Windhoek skoolgegaan, waar sy pa ʼn predikant was. Na skool gaan studeer hy by die Universiteite van Stellenbosch

Lees meer

Johann Smith

Johann Smith is ʼn skrywer van toneelstukke, lirieke en draaiboeke. Hy het reeds vyf maal die ATKV-prys vir die beste tienertoneelteks ontvang, asook ʼn kykNET Fiësta vir sy verwerking van Die reuk van appels vir die verhoog. Hy deel ook ʼn Woordveertjie en kykNET Blou Fiësta met ʼn span

Lees meer

Tina Kruger

Tina Kruger is ʼn vurige storieverteller. Sy het haar studies in oudiovisuele-produksiebestuur, sielkunde, besigheidsbestuur en strategiese beplanning voltooi. As toesigvervaardiger is sy verantwoordelik vir projekbestuur en kwaliteitbeheer op talle plaaslike sepies…

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]